Wetgewer Hou Vroue Dialoog In Williston

Wetgewer Hou Vroue Dialoog In Williston

'n Vroue Dialoog was op 20 Augustus 2024 om 10.00 in Williston gehou. Die geleentheid was bygewoon deur vroue van Sutherland, Fraserburg en Williston.

Drie onderwerpe was op hierdie dag bespreek. Dit was as volg aangebied: Geslagsgelykheid was hanteer deur Juf. Monique Horn, ʼn maatskaplike werker van Williston; Inklusiewe Ekonomiese Groei was  deur raadslid Cora Steenkamp ingelei en die derde onderwerp, te wete Toegang tot Grond en Gesondheidsorg, is deur Me. Lee-Ann Cloete wat tans ʼn Internskap by die Namakwa Streekkantoor van die Wetgewer het, aangebied.

Die inligting wat die deelnemers ontvang het, het  die grondslag gelê vir suksesvolle groepbesprekings, wat in drie groepe en gebaseer op die onderwerpe, geskied het. Dit het gelei tot die identifisering van uitdagings sowel as voorgestelde resolusies oor elkeen van die onderwerpe, wat volgens Mnr . Sedisho (ʼn navorser) aan die betrokke portefeulje komitees voorgelê sal word vir die verwerking daarvan.

Read Time: 1 min
Hits: 270
Northern Cape Provincial Legislature Logo
Follow Us
Sponsorship
Developed with the financial support of the European Union NCPL Website Sponsored By EU NCPL Sponsored by Legislative Sector South africa
Contact Us

Nobengula Extension, Legislature Building Foyer, Kimberley

info@ncpleg.gov.za